| REAN LOUW SE SKYJEEP - deur Pieter W. Nel
Die bou van enige vliegtuig met net die planne op jou werkstafel is verseker nie vir sussies nie. Dit verg nie alleen wilskrag en deursettingsvermoë nie, maar ook ‘n hele boel gesonde verstand en presisiewerk. As die voornemende bouer boonop ‘n perfektionis is, het jy ‘n formule wat eenvoudig moet slaag!
Rean Louw wat ‘n passie vir vlieg het, het sy opsies deeglik deurtrap en besluit om by die goedkoopste vlieg te begin, naamlik sweeftuigopleiding. Hy verduidelik dat sweeftuigvlieg ‘n baie deelnemende sport is omdat soveel mense by ‘n enkele vlug betrokke is.
Daar is nogal ‘n groot verskil tussen die tou van ‘n sweeftuig met ‘n vliegtuig en ‘n sweeftuig wat deur middel van ‘n wenas opgetrek word, sê Rean. Elkeen van hierdie gevalle het sy eie gradering wat op die vlieënier se lisensie aangeteken word.
Op Orkney in die Vrystaat het Rean met sweeftuigopleiding by die Vaal Reefs Sweeftuigklub begin. Gedurende die eerste ure ontwerp hy ‘n pragtige klein trofee uit geelkoper van ‘n sweeftuig op ‘n ronde voetstuk en skenk dit aan die Klub. Na sy eerste solovlug op 4 Maart 1984 ontvang hy die trofee met sy naam en datum daarop gegrafeer. Later vervaardig hy nog van hierdie trofeë en ‘n wisseltrofee van ‘n sweeftuig wat uit die wolke gevlieg kom.
Nadat hy sy vlieglisensie op sweeftuie verwerf het, word Rean ‘n vlieginstrukteur op sweeftuie. Hy kwalifiseer ook met ‘n oorskakeling na motoraangedrewe sweeftuie en verwerf bonop nog sy hangsweeftuiglisensie ook. Die volgende stap was om sy privaat vlieënierslisensie [PVL] op vastevlerk vliegtuie te verwerf wat hy dan ook gedoen het met opleiding op die Piper Cherokee reeks, 140, 160 en 180 asook die Cessna 150 en 152.
Rean vertel dat hy deeglik navorsing gedoen het om die absolute goodkoopste metode te volg om vlieg wat sy sak pas vir homself moontlik te maak. Sy navorsing het hom na die Skyjeep gelei wat vir hom die goedkoopste opsie was om te volg. Voornemende bouers kan gerus kennis neem van wat Rean ons hier vertel. Die Skyjeep word onder lisensie in Tjegoslowakye vervaardig en kan in rowwe tereine land en opstyg.
Net voor die nuwe wetgewing op Ligte Sportvliegtuie ingekom het, het Rean ‘n stel van die eerste, of dan oorspronklike planne bekom. Eindelik het die oomblik aangebreek dat hy kon begin bou en het hy net die nodigste materiaal aangekoop. Soos hy gevorder het, het hy nog materiaal aangekoop.
Toe ek hom vra waarom hy ‘n Volkswagen enjin gekies het, was sy antwoord dieselfde - die goedkoopste natuurlik! Rean het ‘n doodgewone 1600 ks enjin gekoop, maar al wat hy daarvan gebruik het, was die vliegwiel, stootstange en klepligters. Die ander onderdele het hy oor die toonbank gekoop soos ‘n 1.9 ks Kombi se nokas om die enjin na 2.1 ks te ombou.
Neil Terblanche van Kroonstad het ‘n 1:65 tot 1 reduksiedryf vervaardig, terwyl Rean ‘n elektroniese ontstekingstelsel ingebou en die enjin van ‘n SU vergasser voorsien het.
Van Rean se vriende het soms kom hand bysit en die Skyjeep het begin vorm aanneem. Na ongeveer2000 spaartyd-ure is die Skyjeep eindelik voltooi. Gedurende hierdie tyd het Rean na Groblersdal getrek en lid van die plaaslike Vliegklub geword. Vroeg in die jaar het Rean die Skyjeep ZU-EWK se Volksie-enjin aan die gang gekry en ‘n paar grondtoetse gedoen.
Toe ek hom vra wat nou vorentoe, het hy ewe koel geantwoord asof hy oor die weer praat dat hy reeds ‘n helikopter ontwerp het wat sy volgende projek gaan wees. Ek is egter nie so seker daarvan nie omdat Rean laat deurskemer het dat daar ‘n ander projek in sy agterkop is - ‘n ongelooflike projek waaroor ek nie mag praat nie, nie nou nie! Hou hierdie spasie dop.
Skrywer van hierdie artikel, oud vlieënier en vliegtuigbouer, wil Rean komplimenteer met ‘n meesterstuk wat hy in die Skyjeep geproduseer het, daarvan getuig alles aan die vliegtuig wat pynlik netjies en perfek is.
Spesifikasies Die Skyjeep (CH 701) is ‘n langsmekaar twee-sitplek, stutgesteunde hoëvlerk (eendekker) ten volle metaal struktuur. Die CH 701 is ‘n betroubare vliegtuig wat ontwerp is met vlieënier- en passasiergerief in gedagte. Dit is geskik vir kort aanloopbane, uitstekende werkverrigting en goeie uitsig.
Die STOL Skyjeep is werklik ‘n vliegtuig wat die voordele van ‘n konvensionele vliegtuig kombineer met die van ‘n gevorderde ultraligte vliegtuig.
Kragbron is ‘n Volkswagen 2100ks, 4-silinder, 4-slag geopponeerde silinders.
Vlerkspan................................................................... 8 220 mm Lengte...................................................................... 6 100 mm Hoogte.......................................................................2 350 mm MAC.......................................................................... 1.43 m Vlerkarea................................................................... 11.4 m2 Vlerklading................................................................. 43,8 kg/m2 Enjin.......................................................................... Volkswagen 2100cc 100 PkSkroef.................................................................... Twee hout Lemme Deursnee................................................................... 1 700 mm
Lugspoed Lugspoedbeperkings en hulle operatiewe betekenis word hier onder aangewys:
| |
Spoed |
ALS km/u |
Opmerkings |
|
VNE
|
Nooit oorskryde spoed |
176 |
Mag nie hierdie spoed in enige operasie oorskry nie |
|
VNO
|
Maksimum strukturele kruisspoed |
144 |
Mag nie hierdie spoed oorskry nie behalwe in sagvloeiende toestande en slegs met versigtigheid. |
|
VA
|
Maneuvreerspoed |
125 |
Mag nie volle of skielike kontrole- bewegings bokant hierdie spoed maak nie, omdat onder sekere kondisies die vliegtuig deur volle kontrolebewegings oorbelaai mag word. |
|
VFE
|
Maksimum klappe-aan spoed |
117 |
Mag nie hierdie spoed oorskry met volle klappe aan nie. |
Kragbron Enjin Vervaardiger. . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . .Volkswagen Enjin Model . . .. . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . Volkswagen 2100ks Maksimum krag met opstyg. . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . 100 Pk Onafgebroke. . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . .82 Pk Maksimum enjin OPM, opstyg. . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . 4200 Onafgebroke. . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . 3200 Maksimum silinderkoptemperatuur. . . . . . . . . . . . . . . . . . . 180 °C Maksimum olietemperatuur . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . 140 °C Oliedruk, minimum. . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . .1.5 bar maksimum . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . 5 bar Branstof gradering Premium graad (lood) petrol volgens DlN1600, O N O R M C1103. EURO SUPER ROZ 95 (sonder lood) volgens DIN51603, ONORM C 1101 Olie gradering SAE 20 W50 of SAE 30 Hoë werkverigting motorolie API, S6, Mobil 1, 15 W50. GEEN VLIEGTUIGOLIE NIE!
Gewig Basiese leë gewig.................................................................. 300 kg Maksimum opstyg gewig......................................................... 500 kg Maksimum kajuitgewig............................................................ 200 kg Minimum kajuitgewig................................................................ 55 kg Maksimum gewig in bagasieruim................................................. 18 kg
Massamiddelpunt Standaard posisie vir massamiddelpunt (leë vliegtuig) is 21.6 % MAC (310 mm van verwysingsdatum - voorkant van klappe). Toelaatbare reikafstand: 20 - 35 % (286 mm to 500 mm).Sien seksie 6, gewig en balans vir inligting.
Werkverrigting word in standaard atmosfeer aangegee met vliegtuig en kragbron in nuwe kondisie met standaard toerusting.
Staakspoed (teen bruto gewig 500 kg) Klappe op...........42 mpu Klappe af............39 mpu
Bogenoemde spoed is met enjin teen luierspoed. Die vliegtuig het ‘n relatiewe hoë sinktempo met klappe vol af. Met krag is die aangeduide spoed onder enige akkurate aanduiding omdat die neusposisie baie hoog is. Staking vind plaas rondom loopspoed, voorafgegaan deur aansienlike stertskud. Die neus val dan vinnig. WAARSKUWING: Maksimum klapverlenging-spoed VF = 55 kt.
Opstyg-Afstande In voet vanaf harde oppervlakte, klappe op
| |
Opstyg-Afstand |
Opstyg-Afstand oor 15 m hindernis |
| Seevlak (ISA) |
169 |
283 |
| 3 000 vt densiteit-hoogte |
233 |
389 |
| 6 000 vt densiteit-hoogte |
321 |
536 |
Opstygafstande oor grasoppervlaktes is langer en hang van die oppervlakte af.
Landing-afstande Landings-afstand oor 15 m hindernis is 283 vt (landingsafstand 180 vt).
Klimwerkverigtingskaart (ALS) Klimtempo (vpm, gasarm vol oop).
| Seevlak by ALS |
100 60 |
vpm mpu |
| 3 000 vt densiteit-hoogte by ALS |
800 55 |
vpm mpu |
| 6 000 vt densiteit-hoogte by ALS |
650 50 |
vpm mpu |
| 9 000 vt densiteit-hoogte by ALS |
300 40 |
vpm mpu |
Werkverrigtingsplafon Met standaard oorspronklike vergasser straalstelling: 14 000 vt densiteithoogte teen bruto gewig.
Brandstofverbruik (Volkswagen 2100 ks) Opstygkrag. . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . 18 lpu. 75 % . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . .12 lpu.
Reikafstand en Verduringenjin
| Enjin Verstellings |
Kruisspoed (mpu) ALS |
Reiksafstand nm |
| Maksimum deurlopend |
90 |
150 |
| 75% |
80 |
180 |
Rean besig om sy ding te doen:
|
|
"Pa, waar moet ek ding panelbeat?" vra Nico Louw Goeie spanpoging Rean...
|
 |
|
 |
| |
|
|
|
Netjiese en deeglike presisiewerk op 'n vlerk in wording.
|
|
Rean tweede van links met sy vrou Annette langs hom en vriende besig met die vervaardiging van vlerk- gedeeltes.
|
 |
|
 |
| |
|
|
|
Hier is weereens 'n aanduiding van presisiewerk. Rean is met niks minder as perfeksie tevrede nie.
|
|
'n Mens kan maar net met verwondering kyk na die absoluut pynlike skoon en netjiese werk. Die Volkswagen enjin wat Rean self opgebou het:
|
 |
|
 |
| |
|
|
|
Rean besig met die klinknaels. Let op na die absolute konsentrasie!
|
|
Hier begin die SkyJeep al soos 'n vliegtuig lyk:
|
 |
|
 |
| |
|
|
|
Jan Ludolf besig met inspeksie voor die begin van grondtoetse. Rean staan by om hulp te verleen.
|
|
Die glimlag op Rean se gesig sê alles. Geluk Rean met 'n meesterstuk!
|
|
|
|
En daar gaan die SkyJeep met Jan Ludolf aan die stuur op haar eerste grondtoets. Wow! Hoop jy gaan baie vreugdevolle ure in die lugruim in jou SkyJeep deur-bring, Rean.

|