The present Club Committee consists of the following members for 2014:
|
Portfolio
|
Person
|
|
Chairman
|
Christo Schlesinger 082 416 2159
|
|
Secretary / News
|
Pieter W Nel 074 160 1429
|
|
Treasurer
|
Marius Wessels 082 373 6755
|
|
Factotum
|
Cobus Peens 082 773 7965
|
|
Marshal
|
Degald Haquebord 084 509 3585
|
Groblersdal Vliegklub hou Algemene Jaarvergadering (2016)
Die Groblersdal Vliegklub het onlangs hulle algemene jaarvergadering gehou in hulle Klubhuis op die Groblersdal Lughawe waar 'n lywige agenda bespreek was. Die vergadering was goed verteenwoordig deur 'n groeiende ledetal. 'n Nuwe Bestuursvergadering was gekies vir 2016 soos volg: mnr. Christo Schlesinger, Voorsitter. Marius Wessels, herkies as Tesourier. Piet Nel, herkies as sekretaris/nuusredakteur. Cobus Peens, Faktotum. Degald Hackuebord, Veiligheidsbeampte.
Wissel trofees was deur die uittredende Voorsitter, mnr. Fanie Friis, in vier kategorieë toegeken: Die oorlewingstrofee aan Dries van Zyl. Die Veiligheidstrofee aan Danie Wahl in sy afwesigheid. Die entoesiasmetrofee word gedeel tussen Dawie Erasmus en William Borchers. Die solotrofee word ook gedeel tussen Len Booysen en Adam Barnard wat albei gekwalifiseer het vir vlieglisensies.
Mnr. Degald Hackuebord het 'n nuwe Vliegskool begin en is reeds besig met grondskool opleiding. Enigiemand wat belangstel om te leer vlieg, kan hom kontak by 084 509 3585.
Die Vliegveld was soos gewoonlik taamlik bedrywig deur die jaar met besoekende vliegtuie deur Maatskappye soos Toyota, Choppies, privaat vlieëniers en opleidingskole van Witbank en Middelburg wat van die aanloopbaan gebruik maak. Kommersiële Boerderye en boere met wildplase vlieg gereeld in met helikopters en vliegtuie vir wildveilings op Groblersdal en en omgewing. Vlieëniers van oor 'n groot deel van die land besoek Groblersdal Vliegklub gereeld tydens vliegbyeenkomste. Op 27 Mei vertrek vlieëniers van Groblersdal op 'n vliegsafari na Zimbabwe.
As gevolg van sy lae reënval is die Groblersdal vliegveld ideaal geleë vir vlieëniers om na uit te wyk wanneer swak weer op normale roetes ondervind word.
Onderhandelinge is die afgelope vier jaar aan die gang met die lokale Munisipaliteit om die aanloopbaan wat besig is om te verbrokkel te herstel en op te gradeer. Volgens die Burgerlugvaart Owerheid se wette is die Munisipaliteit verantwoordelik vir die instandhouding van die Vliegveld en aanloopbaan! Tot dusvêr het personeel van die Munisipaliteit getoon dat hulle onbevoeg is om die saak te hanteer omdat hulle nie besef hoe groot bate 'n Lughawe vir 'n groeiende ekonomie is nie!
Indien enige Maatskappye of privaat besighede of persone bereid is om finansieel by te dra om die aanloopbaan op te gradeer, kontak die nuwe Bestuur deur die Voorsitter, mnr. Christo Schlesinger by 082 416 2159, of die Sekretaris, mnr. Piet Nel by 074 160 1429.
Foto's volg binnekort.
|
|
|
|
|
|
|
|
|

|
|
Christo Schlesinger (Chairman)
082 416 2159
|
 |
|
Pieter W Nel (Nuusredakteur & Sekretaris)
Enige nuusberigte kan per e-pos gestuur word: nelpieterw@gmail.com
|
|