GROBLERSDAL VLIEGKLUB - deur Pieter W. Nel

 

Ons wens almal vir Uys Meiring geluk met sy groot prestasie! Vir julle wat dalk nog nie weet nie, Uys het sy medies geslaag en is terug in besigheid, skuus... terug in die vliegbesigheid. Ons wil Uys ook gelukwens met sy Petit Breezy wat hy "gescore" het want oor die prys wil ek nie uitwei nie, Uys kan dalk skuldig voel. 

Die Petit Breezy is ‘n mikroligte vliegtuig met vaste bovlerk en stertwiel. Dié spesifieke model word deur ‘n 48 pk Rotax aangedryf. Uys is nou besig om al die papierwerk by Burgerlugvaart in orde te kry. Ek sal later ‘n foto plaas sodra die vliegtuig voltooi is. Op die oomblik is dit so 95% klaar. 

Ons wens Dawie ook geluk met die baie interesante Murphy Renegade Bi-plane, ZU-BEN, wat hy onlangs aangekoop het.

Die Renegade het ook ‘n stertwiel en word aangdryf deur ‘n 80 pk Rotax. Dit trek +10 -6 G's en is dus ten volle akrobaties. Daar vlieg huidiglik so tussen 800 na 1,000 van hulle wêreldwyd. Dawie is besig om die Renegade van ‘n nuwe kleurskema te voorsien. Hy en Uys begin reeds volgende naweek met opleiding op vastevlerk, stertwielvliegtuie. Wow! Jean kry ook ‘n beurt met die aankoop van Dawie se Jaberu, baie geluk Jean, mag jou speelding baie vreugdevolle vliegure aan jou verskaf. Hoop ek sal nog ‘n kans kry om in die Jaberu te vlieg. 

Daar loop berigte rond dat net sekere klublede kaartjies gekry het saam met Hennie. As lede hulle goed gedra is daar dalk ‘n moontlikheid om volgende jaar kaartjies by Hennie te kry.

Die "pudding" het ek vir laaste gehou. Oom Paul, en dis nou alle grappies opsy, het met sy Aquilla 503 na Hluhluwe gevlieg. Die vlug het mooi sewe ure geduur. Op 63 jarige ouderdom wil dit nogal gedoen word!

Hier volg die storie in Paul se eie woorde:   "Ek (Blue Max) en James Pretorius (Asterix) van Microland het die event byEzemvilo lodge digby die St Lucia meer bygewoon..Beide van ons vlieg Aquila 582's Dit was n outing wat seepglad verloop het danksy die weer wat hierdie tyd van die jaar n groot trekpleister vir Microlighters in daardie omgewing is... Windstil dae en vlieg tot 11 uur soggens was elke oggend op die agenda...

Die fly-in is bygewoon deur 8 trikes, 1 Gyro en 1 helli en 1 Foxbat.‘n Klomp gawe ouens bymekaar en tot my verbasing die meeste afrikaanssprekend. Die eienaar, Josia n ras-egte boerseun so van sy ma se tiet af.

Die ouens vlieg bedags soos hulle wil rond en neem fotos. Saans kom hulle bymekaar en dan word daar net aeries gepraat. Meeste van die local ouens ken die area baie goed en maak die vreemdelinge touwys (Piere en Joggie).

Van die plaas af tot by die Lodge het my 7 en half ure geneem. Het inStanderton oorgeslaap en daarvandaan verder gevlieg. In totaal het ons 2000 km gevlieg. Daar was gelukkig geen Insidente nie buiten n keer toe n "windsheer" my op finals, na round-out op die gras langs die runway neergesit het.As DIT sou gebeur het by die runway van Manzengwenya Lodge by lake Sibaji, dan was ek nou nog steeds op vakansie!!!

Ek moet net meld dat almal langs die pad op Standerton, Vryheid en Volksrus waar ons geland het baie gasvry en hulpvaardig was.Hierdie trip sal volgende jaar weer gedoen word en die local Organizernaamlik James Pretotius van Microland 0824147129 kan volgende jaar teenApril gekontak word. Groete. Paul van Schalkwyk."

Skitterend gedoen, Paul! Jy moet bietjie gesels met die plaaslike ouens want hulle airies is besig om vas te roes!