VAN MIKROLIG TOT RV 4 - deur Pieter W. Nel

Dawie Erasmus! Suksesvolle sakeman en druiweboer van Groblersdal. Wat kan ek sê? Toe ek Dawie genader het om hierdie artikel te skryf het hy my baie beskeie versoek om oor die vliegtuie te skryf, nie oor Dawie Erasmus nie omdat dit nie belangrik is nie. Goed, Dawie ... ek skryf dan hierdie artikel uit die oogpunt van die vliegtuie. Ek hoop jy gee nie om dat ek jou oorlede vader se naam noem nie want dit is waar jou vlieg begin het.

Zillet Erasmus, Dawie se vader, het by die destydse Marble Hall Vliegklub begin vlieg, wat blykbaar later jare met Groblersdal Vliegklub saamgesmelt het. Majoor HAP Potgieter het destyds ook af en toe hier vlieginstruksie gegee [skrywer van hierdie artikel het self ook instruksie by majoor Potgieter ontvang]. Soos ek verstaan, het Dawie op twee of driejarige ouderdom saam met sy vader in hulle Cherokee 180 gevlieg en moes op sy knieë op die voorste sitplek staan om buite te kon sien. Soms het hy kamma die stuurstok vasgehou en dan het sy vader vir hom gesê hy moet reguit vlieg. Dus het Dawie op baie jonge ouderdom al "gevlieg."

Later jare het ‘n mikroligte vliegtuig Dawie se lewe binnegedring, maar ek het afgelei dat dit nie ‘n match was nie, en hy het die vliegtuigie eindelik maar weer laat gaan. Onthou ek skryf oor die vliegtuie. ‘n Bantam het gevolg wat later op ‘n manier sleg gebuig het, maar Dawie het dit weer reguit gebuig. Die Bantam was nie gelukkig met die manier waarop hy behandel is nie en vind sy weg toe na Louis van Schalkwyk. Daar is talle lesers en vlieëniers wat vir Louis, die Ysterman van Groblersdal, ken.

 

Later jare het ‘n mikroligte vliegtuig Dawie se lewe binnegedring, maar ek het afgelei dat dit nie ‘n match was nie, en hy het die vliegtuigie eindelik maar weer laat gaan. Onthou ek skryf oor die vliegtuie. ‘n Bantam het gevolg wat later op ‘n manier sleg gebuig het, maar Dawie het dit weer reguit gebuig. Die Bantam was nie gelukkig met die manier waarop hy behandel is nie en vind sy weg toe na Louis van Schalkwyk. Daar is talle lesers en vlieëniers wat vir Louis, die Ysterman van Groblersdal, ken. 

Louis in sy Bantam    
     

Hierna het ‘n Jabiru ZU-CBL Dawie se lewe binnegedring.  Dave Naude en Stefan Boonsaaier het so klompie jare gelede opleiding aan Dawie op die Swartkopslughawe verskaf.  Ek vermoed Dawie het baie genotvolle ure in hierdie vliegtuig deurgebring, en tog het hy iets gesoek wat meer opwinding sou bring.

Die Jabiru het sy weg gevind na Jean  Engelbrecht wat reeds sy opleiding voltooi het. 

 

   
    Jean met sy Jabiru
     

‘n RV 4, ZU– LOE, met 180 brandstofinspuiting Lycoming enjin, in ‘n vroeë boustadium, het ‘n ‘n nuwe baas gesoek en op die manier by Dawie uitgekom.  Met die hulp van Henning van den Berg is die bul by die horings gepak en is daar begin om die RV 4 in ‘n meesterstuk te omskep.

     

Henning besig met die RV 4

Terwyl die RV 4 voltooing genader het, het Dawie se senuwees ‘n bietjie begin lol om hierdie kragtige stertwiel vliegtuig te kan vlieg. 

‘n Tweedekker Renegade ZU-BEN het toe sy weg op wonderbaarlike wyse na Dawie gevind.  Die Renegade is ‘n ten volle akrobatiese dubbelvlerk vliegtuig met ‘n 85 pk Rotax engin en ‘n stertwiel.  Dit was effens verwaarloos, maar nadat Dawie en Henning van den Berg daarmee klaar was, het die lelike eendjie in ‘n swaan verander.  Op hierdie stadium is dit die enigste lugwaardige Renegade wat in Suid-Afrika vlieg.

Wat egter baie interessant omtrent die Renegade is, is dat die Rotax enjin vir die eerstekeer in Moskou in Rusland gevlieg het in ‘n Mizer met registrasie-nommer MDI890U deur ‘n vlieënier met die naam Vitaly.  Later het die Mizer met hierdie enjin sy verskyning in Suid-Afrika gemaak met registrasie nommer ZU-ALL en het jare gelede in Groblersdal gevlieg waar Richard Ashenborne instruksie gegee het.

Ná voltooiing van die Renegade het Dawie instruksie op die stertwiel Renegade deur instrukteur Jan Ludolf ontvang en op Sondag 20 Februarie oorwin Dawie die swaartekrag en verlaat Aarde op sy eerste alleenvlug.

     
Dawie en Jan    Dawie se eerste alleenvlug 
     
   

Baie geluk Dawie ... en nou is dit die RV 4 se beurt.  Ons sien almal geweldig baie daarna uit wanneer jy ons met die RV 4 in die lug bokant Groblersdal met akrobatiese maneuvers gaan vergas.

 

Dawie na sy alleenvlug    
     
     
Die pragtige RV 4!